Talle missiele afgewer deur Saoedi

Die missiel afweerstelsel van Saoedi-Arabië is uiters doeltreffend gevind nadat sewe missiele gekelder is wat uit Jemen afgevuur is.

Die missiele wat Sondagnag afgevuur is, het egter die een na die ander in die lug ontplof toe die missiel afweerstelsel telkens die aanval afgeweer het.

Gerugte dat die missiele uit Jemen gerig was op die hoofstad Rivad, en deur die Houthi-rebelle gelanseer is, word ook deur die Saoedi regering bevestig.

Die sewe missiele uit Jemen is deur Patriot-vuurpyle onderskep, en het bewys dat die afweerstelsel betroubaar is, het die woordvoerder gesê.

’n Woordvoerder van die Saoedi weermag sê drie van die missiele was gerig op die hoofstad, en twee op die stad Jizan en die ander twee op die stede Najran en Khamis, maar almal kon effektief buite aksie gestel word.

Een persoon het omgekom en twee is beseer toe hulle getref is deur afvalmateriaal van die missiele wat afgeskiet is.