Swede kry besoek uit Noord-Korea

Die minister van buitelandse sake van Noord-Korea het die afgelope naweek besoek gebring aan Swede en ’n afspraak nagekom met die Sweedse eweknie.

Die vermoede bestaan dat die Koreaanse diplomaat gemoeid is om die ontmoeting tussen sy land se leier en president Donald Trump te beplan, en sal waarskynlik die bystand van Swede probeer beding.

Die kommunistiese diplomaat, Ri Yong Ho, het verlede Vrydag in Swede aangekom om met die Sweedse minister van buitelandse sake, Margot Wallstrom, samesprekings te voer.

Die gesprek wat dadelik begin is, is die volgende opgevolg met ’n tweede waartydens verskeie aspekte bespreek is, waarvan die veiligheid in Noord-Korea ook bespreek is.

Die vermoede bestaan dat Noord-Korea bereid sal wees om van die Sweedse eerste minister, Stefan Lofve, se uitnodiging gebruik te maak.

Die Sweedse premier het voorheen gesê Stockholm sal met graagte die gasheer wees van die twee leiers.

Alvorens ’n plek vir die ontmoeting geïdentifiseer word, moet daar instemming kom van die belangrikste rolspelers soos Amerika, Noord-Korea, Sjina, Japan en Suid-Korea.

Dit is bekend dat Noord-Korea oor dekades ’n redelike goeie verhouding het met Swede en kan as een van die belangrikste redes wees waarom Swede gekies word.