Swart grondhonger is ‘n mite

‘n Meningspeiling wat die Instituut vir Rasseverhoudinge landwyd gedoen het, wys dat die meerderheid swart Suid-Afrikaners feitlik geen belang het by sogenaamde grondhervorming nie.

Volgens die Instituut se opname wat in 2016 gedoen het, blyk dit dat slegs 1% van die swart respondente glo dat grondhervorming sal help op lewens te verbeter. Die jaar tevore wat dit nog 2%!

Dr. Anthea Jeffery sê dat ‘n soortgelyke opname in 2017 getoon het dat slegs 1% van die swart respondente glo dat die versnelling van grondhervorming die regering se prioriteit moet wees.

Daarteenoor glo 73% van die swart respondente dat daar eerder aandag gegee moet word aan werkskepping en onderwys aandag moet kry om mense se lewens te verbeter.

Selfs onder diegene wat hulle grond verloor het deur die ou NP regering se konsolidasiebeleid, is daar weinig behoefte om die grond terug te kry. Hulle verkies eerder geldelike vergoeding. Sedert die grondeiseproses begin is, het slegs 8% van die eisers verkies om die grond te kry, terwyl 92% kontantvergoeding verkies het.

Foto: Dr. Anthea Jeffery