Sjinese parlementslede die super rykes

Meer as 150 afgevaardigdes na die jaarlikse sessie van die Sjinese seremoniële parlement is onder die land se super rykes en word nog ryker.

Die jongste verslag toon dat die parlementariërs oor die algemeen net al ryker word alhoewel die aantal super rykes geleidelik minder word.

In die twee belangrikste liggame, die National People’s Congress en die People’s Political Consultative Conference het die parlementslede baie ryker geword volgens die inligting van die  Hurun report wat pas vrygestel is.

Die inligting kom vlak voor die jaarlikse vergadering van die twee liggame, wat die komende week gehou word deur die meer as 5 100 afgevaardigdes.

Die 77-jarige stigter van ’n supermark kettinggroep is ’n voorbeeld met sy bates as parlementslid wat meer as $44 miljard beloop.

Waarnemers meen daar is te veel voorbeelde wat bekend is, en die rykdom neem toe terwyl miljoene Sjinese onder die broodlyn leef.

Bewerings word gemaak dat baie van die rykes se bates bekom is weens korrupte handelinge, wat ook ’n verklaring kan wees waarom Sjina een van die mees korrupte lande van die wêreld is.