Sjina dreig met volskaalse oorlog

Sjina dreig met ’n volskaalse oorlog ten Taiwan as die Verenigde State van Amerika ’n wet sou goedkeur om groter kontak met die eiland te maak, en Taiwan ’n soortgelyke handeling sou inisieer.

Sjina het ’n eis dat Taiwan sy wettige gebied is, en dat die land geen amptelike betrekkinge kan aanknoop sonder Beijing se ondersteuning nie.

Die Amerikaanse Senaat het die afgelope week ’n akkoord aangegaan waarin voorgestel word dat Amerika en Taiwanse owerhede groter erkenning gee aan mekaar.

President Donald Trump se handtekening kan lei tot ’n gewelddadige aanval op Taiwan, wat kan uitbrei tot ’n volskaalse oorlog waarby die groot moondhede ingesleep word.

Die Engelstalige staatskoerant in Sjina het ’n woede-berig geplaas in Vrydag se uitgawe wat onder meer beklemtoon dat die “hel sal neerdaal” as Taiwan buite sy magte sou optree.

Ander media in Sjina het soortgelyke reaksie getoon en oorlogsugtige uitlatings gemaak wat klaarblyklik bedoel is om te dien as afskrik boodskap aan die regering van Taiwan.

Uit die berigte kan afgelei word dat Taiwan se “onafhanklikheid” hom ontneem sal word en weer onder Sjinese bestuur geplaas gaan word indien hy ’n akkoord met Amerika sou aangaan.

Foto – Amerikaanse en Sjinese presidente