Sjina begroot miljarde vir verdediging

Die kommunistiese regering van Sjina het aangekondig dat hy ’n triljoen Sjinese dollar begroot het vir vanjaar se verdediging.

Die Nasionale Volkskongres het die begrote bedrag goedgekeur en verklaar dat dit gedoen word om “op te maak” vir die lae begrotings van die verlede.

Die eerste minister, Li Keqiang , het aangekondig dat ’n verhoging van meer as 8% in verdediging uitgawes is ’n skerp  verhoging in die militêre afdeling van die land se finansies en beloop $175 miljard in Amerikaanse geldwaarde.

Militêre meningsvormers sê ’n groot deel van die begroting sal waarskynlik toegedeel word om die onwettige kunsmatige eilande wat opgerig is in die Sjinese Suidsee, verder toe te rus en uit te bou.

Die Nasionale Volkskongres is net ’n rubberstempel van die besluite wat vooraf geneem word deur die Kommunistiese Party se leiers.