Siriese weermag ruk op na Ghouta

Die Siriese regeringsmagte  is aan die opruk na die oostelike gebiede van Ghouta en het reeds met lugaanvalle en swaar artillerie die stad Hammuriyeh herower wat voorheen deur Siriese rebelle beheer is.

Volgens ’n woordvoerder van die menseregte organisasie is die stad met sy meer as 5 000 burgers wat vasgekeer was deur die rebelle, uiteindelik bevry.

In die afgelope vier maande is bykans 2 000 mense in die gebied gedood waaronder talle kinders is wat omgekom het en meer as 7 000 is gewond deur die rebelle.

Die 400 000 inwoners van Ghouta leef glo jare lank al in afsondering en word deur die Siriese rebelle gyselaar gehou, maar alles dui daarop dat hewige gevegte nog gaan losbars wanneer direkte kontak tussen die weermag en die rebelle plaasvind.

Dit is nie seker of die Siriese weermag die ondersteuning geniet van Russiese vegvliegtuie nie, maar onbevestigde berigte lui dat die Russiese lugmag wel betrokke is.