SAUK in nog ‘n tender saak

Daar word gewag op die uitslag van ‘n ondersoek rakende ‘n R185 miljoen tender wat toegeken is aan ‘n kontrakteur deur die “bemiddeling” van die SAUK se vorige tussentydse voorsitter, Khanyisile Kweyama en ander amptenare by die bankrot entiteit.

Waarnemers vra of daar enige staatsentiteit is wat deur eerlike, hardwerkende bestuurslede bedryf word, en of almal vasgevang is in die Zuma sindroom van sorg vir jouself ten koste van alles en almal?