SARB verlaag rentekoers

Die Reserwebank (SARB) het op 28 Maart 2018 aangekondig dat die repokoers verlaag word met 0,25% tot 6,5%. Dit sal tot gevolg hê dat die handelsbanke ook hulle koers met 0,25% sal verlaag tot 10%.

Die repokoers is die koers waarteen banke geld by die Reserwebank kan leen en die 10% wat die banke gebruik is bekend as die primakoers.

Die SARB se rentekoersverlaging word baseer op die inflasiekoers, ook bekend as die verbruikersprysindeks, wat die afgelope maande geleidelik afwaarts beweeg het. In Februarie het dit op 4.2% gestaan.