SAP en R671 miljoen kontrak

Die Duitse sagteware reus, SAP, word tans deur die teen korrupsie eenheid ondersoek rondom die toekenning van ‘n kontrak deur die Departement van Water en Sanitasie.

Die regte prosedure is nie gevolg in die $60 miljard kontrak rondom die verskaffing van IT en ondersteuningsdienste aan die departement nie.

Die departement is reeds “tegnies bankrot” en word onder andere verantwoordelik gehou vir die waterkrisis in die Wes-Kaap.

Waarnemers voorspel dat Cyril Ramaphosa se aangekondigde skoonmaakproses gaan nog maande gaan duur, indien nie jare nie.