SAL senior personeel op soustrein

Daar word berig dat SAL beplan om werkers af te lê om sodoende die entiteit weer winsgewend te maak maar in die proses word R35 miljoen uitgelê om die uitvoerende personeel te beskerm.

‘n Britse risikobestuursfirma is aangestel op ‘n 24 maande kontrak teen R10 500 per dag vir die vyf uitvoerende bestuurslede.

Tlali Tlali van SAL beskryf die berigte as ‘n smeerveldtog teen diegene wat SAL se welsyn ter harte het.

Daar word gevra waarom sekere SAL personeellede lyfwagte moet kry om hulle te beskerm?