Rusland toets nuwe kern-missiel

Die Russiese weermag het volgens ingeligte bronne in Europa, ’n suksesvolle oefening gehad met die toets van ’n hipersoniese vuurpyl en missiel.

Die vuurpyl, bekend as die Kinzhal vorm deel van die nuwe reeks kernwapens waarna president Vladimir Poetin verwys het tydens sy staatsrede aan die begin van die maand.

Die missiel is met ’n spesiale Mig-31 tipe vliegtuig vanaf die suidelike deel van Rusland gelanseer om ’n bepaalde teiken suksesvol te bereik.

Volgens die Russiese minister van verdediging het die projektiel uitstekend gereageer en sy beoogde doelwit op die grond bereik.

Volgens ’n woordvoerder van die Russiese persburo beskik geen land ter wêreld oor enige soortgelyke of vergelykbare missiel nie, en sy snelheid is tien keer die spoed van klank.