Ramaphosa skors Moyane

Die land se staatshoof, Cyril Ramaphosa, het persoonlik die grootbaas van SAID geskors met onmiddellike effek.

Volgens Ramaphosa het SAID onder Moyane se leierskap verval en het die publiek hul geloofwaardigheid in die Inkomstediens verloor.

BTW terugbetalings en die hantering van Jonas Makwakwa  se heraanstelling is maar twee sake wat uitgewys word deur Ramaphosa.

Die skorsing het gevolg nadat Ramaphosa vir Moyane ontbied het en hom die geleentheid gebied het om self te bedank. Na Moyane se se weiering, het Ramaphosa hom per brief geskors.