Ramaphosa kry salarisverhoging

Suid Afrika se miljardêr president gaan na beraming R3,6 miljoen verdien in 2018, wat hom een van die top betaalde leiers in die wêreld maak.

Die verhoging van Zuma se R2,9 miljoen tot sy R3,6 miljoen (‘n 25 % verhoging) word bevraagteken deur ekonomiese kenners in die lig van Suid-Afrika se tekort op sy begroting en sien dit as ‘n verkeerde boodskap aan die inwoners van SA.

Sy bates word tans bereken op $650 miljoen, wat, volgens ekonome, nie sleg is om dit in 23 jaar bymekaar te skraap nie.