President Trump wil Wapenwet hervorm

Na die skietvoorval in die Amerikaanse deelstaat Florida waar 17 skoolkinders en onderwysers  by ’n skool gedood is deur ’n voormalige leerling, is die ganse Amerika op hulle voete oor die wapenwet van die land.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het beleidmakers gevra om insette te lewer oor hoe die wapenwet hervorm kan word om soortgelyke voorvalle te voorkom.

Die president het die eerste gedagte geopper dat wapens slegs aan persone ouer as  21 jaar verkoop mag word, en wil hy strenger kontroles van toepassing maak op wapenbesit.

Die president het ook gesê mense moet hulle insette vreesloos lewer ’n nie huiwer om teen die Vuurwapen Vereniging se standpunte te gaan nie.

President Trump het die standpunt ingeneem tydens ’n debat in die Wit Huis waarby talle parlementariërs ook teenwoordig was.

Trump het gesê die Vuurwapen Vereniging het ’n enorme houvas op vuurwapen eienaars, en daardie greep moet gebreek word.

Die Amerikaanse media berig dat Republikeine en Demokrate ewe verbaas is oor die president se sterk standpunt, veral omdat hy ook kans sien om teen die Vuurwapen Vereniging te werk, en gesê het die vereniging het geen mag of houvas op hom nie en daarom vrees hy hulle nie.

Foto – President Donald Trump