Polisie faksies in Wes-Kaap

Twee polisie faksies in die Wes-Kaap veroorsaak wrywing asook bewerings van polisie sameswering met bendes.

Bheki Cele, die soveelste polisie minister, het die twee faksies “aangespreek” en gesê hul moet hul verskille bylê. Dit behoort volgens Cele nie moeilik te wees nie aangesien beide generaal-majoors in uMkhonto we Sizwe saam geveg het.

Generaals Jeremy Vearey en Peter Jacobs is in botsing met generaals Mzwandile Tiyo en Patrick Mbotho.  Die geskil is rondom Mbhoto en Tiyo wat Vearey en Jacobs vervang het as adjunkhoof van die speurdiens en hoof van die intelligensie afdeling respektiewelik.

Ontleders reken egter die oplossing lê eerder daarin om die vier op die rooi tapyt te kry en hulle aan te spreek, eerder as om net hul verlede aan te haal en dit net daar te laat.

Foto: Bheki Clele