Plaashuis en suikerriet landerye aan die brand

‘n Skietvoorval waarin ‘n betreder op ‘n plaas doodgeskiet is, het gelei daartoe dat inwoners van die Umlalazi woonbuurt in Eshowe die plaashuis en suikerriet plantasies aan die brand gesteek het.

‘n Sekuriteitswag op die plaas het die twee betreders versoek om die plaas te verlaat waarna ‘n rusie ontstaan het en die sekuriteitswag een van die oortreders doodgeskiet het.

Twee aangrensende plase se plantasies is ook in die proses afgebrand.

As gevolg van dié gebeure het die HNP se voorsitter, mnr. Hermanus van der Schyff, onmiddellik ‘n skrywe aan die staatshoof, Cyril Ramaphosa, gestuur.

Mnr. van der Schyff gaan uit van die standpunt dat Ramaphosa waarskynlik kennis geneem van die oproep en brandstigting wat in Eshowe in Noord-Natal plaasvind.

“Die toestand in en om Eshowe is ‘n direkte uitvloeisel van u uitspraak en aankondiging dat landbougrond sonder vergoeding onteien gaan word.

“Die HNP wil dringend van u weet wat u gaan doen om die toestand in Eshowe onder beheer te bring en hoe die boere in die omgewing teen hierdie onluste en opstande beskerm gaan word,” sê mnr. Van der Schyff.

Foto: Mnr. Hermanus van der Schyff