Openbare Beskermer kry nog ‘n terugslag

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n aansoek van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, om appèl aan te teken teen verlede maand se bevel van die hand gewys.

In die vorige bevel is sy beveel dat sy 15% van die hofkoste persoonlik moet betaal in die SA Reserwe Bank/Absa/Bankorp saak.

Reeds in dié uitspraak het die hof bevind dat sy nie haar grondwetlike plig nakom om objektief te wees nie.

Haar geskiktheid vir die pos word wyd bevraagteken deur regskenners en haar aanstelling deur Jacob Zuma maak die saak nog meer duister.

Intussen word die geld van Jan Publiek vermors deur mense in “hoë” posisies wat vir elke saak na die howe hardloop.