OB moet bedank

Corruption Watch (CW) het ‘n beroep gedoen op die Openbare Beskermer, Busisiswe Mkhwebane, om te bedank.

Dit volg na haar verskyning voor die parlementêre komitee van justisie.

Haar hantering van die Absa saak asook die Vrede plaasprojek toon dat sy nie in staat is om haar pos na behore na te kom nie.

Sy moet bedank of sy moet verwyder word uit haar pos aldus David Lewis van CW.