Nuwe CIA baas omstrede

Die benoeming van Gina Haspel tot nuwe direkteur van die CIA in Amerika het golwe van ontevredenheid veroorsaak omdat sy voorheen by beweerde martelsake betrokke was.

Die 61-jarige Haspel neem die plek in as direkteur van die Central Intelligence Agencies nadat sy as adjunkdirekteur aangestel is deur president Donald Trump.

Haar beweerde betrokkenheid by die “gemagtigde” marteling van twee terroriste wat in aanhouding was, het haar in omstredenheid laat beland deur sogenaamde menseregte aktiviste en die linkse politici .

Sy het haar egter onderskei as ’n bekwame persoon wat haar plek vol gestaan het in ’n omgewing wat gewoonlik as ’n manswêreld beskou is.

Die “gemagtigde” praktyke wat onder president Georg W Bush toegelaat is, het die CIA en sy seniors in omstredenheid gedompel, maar die verweer was deurgaans dat die praktyke toegepas word wanneer terroriste weier om inligting te verstrek.

Haar voorganger as CIA direkteur, Mike Pompeo, is deur president Donald Trump aangestel as die nuwe minister van buitelandse sake.

Pompeo vervang Rex Tillerson wat afgedank is nadat hy en die president ’n ernstige verskil van mening gehad het, en die president hom afgedank het en Tillerson dit vir die eerste keer op Twitter verneem het

Foto –  Gina Haspel