Natal se “bus” klinieke skok

Dit het aan die lig gekom dat die Departement van Gesondheid  van Natal meer as R100 miljoen vermors het op tenders vir busse wat sou gebruik word as mobiele klinieke.

Die busse kon nooit op die pad kom nie aangesien hul onpadwaardig was terwyl lisensie fooie opgeloop het tot R750 000.

Die bedrog het reeds vanaf 2015 plaasgevind en tot op datum is niemand tot verantwoording geroep nie.