Natal polisiekommissaris verloor Appelsaak

Luitenant-generaal Mmamonnye Ngobeni, wat reeds vir twee jaar geskors is, het haar aansoek om heraangestel te word in die appelhof verloor.  Sy sal dus geskors bly totdat ‘n raad van ondersoek bepaal of sy skuldig is aan growwe wangedrag.

Ngobeni se gedrag is sedert haar aanstelling gehul rondom bewerings  van ‘n verhouding met die Durbanse sakeman, Thoshan Panday.  Panday word verdink van bedrog in ‘n multimiljoen rand SAPD tender in 2010 en Ngobeni sou na bewering ingemeng het in die ondersoek na Panday se sake.

Intussen het sy volle salaris ontvang terwyl sy niks gedoen het nie.

Foto: Mmamonnye Ngobeni