Nasionalisering van Reserwebank op ys

Die voorstel dat die Reserwebank genasionaliseer moet word is ter elfder ure onttrek.

Die graderingsagentskap Moody’s het gewaarsku dat sou daar aan die onafhanklikheid van die bank gepeuter word, dit baie nadelige gevolge vir die land se ekonomie sal inhou.