Nasionale minimumloon eers later

Werkgewers het tydelike verligting gekry as gevolg van die staat se onvermoë om sy eie doelwitte te bereik.

Dit het nou daartoe gelei dat die aangekondigde nasionale minimumloon nie meer op 1 Mei vanjaar in werking gaan tree nie. Die loon sou deur die bank op R20 per uur te staan gekom het.

Die Minister van Arbeid, Mildred Oliphant, sê dat parlementêre prosesse aan die gang is om die wetgewing deur te voer, maar dat die Mei-sperdatum nie gehaal kan word nie. Die wetgewing moet eers nog deur beide die Nasionale Vergadering en Raad van Provinsies goedgekeur word.

Dit gee werkgewers dus ekstra tyd om behoorlike en wettige herstrukturering van hulle werkersmag te beplan en deur te voer.

Foto: Mildred Oliphant