Metrospoor drywers “vlug”

Metrospoor trein operateurs bedank teen ‘n al hoe groter tempo en dit uit vrees vir hul lewens aan die hande van passasiers wat ongelukkig is weens die feit dat treine permanent laat is.

Dit blyk dat dit nie net die Kaapse lyn is wat betrokke is nie maar ook die lyne tussen Pretoria en Johannesburg.

Dit het aan die lig gekom dat Prasa die drywers versoek het om nie gevalle van aanrandings, roof en selfs kapings aan te meld nie.

Die United National Transport Union se dat Prasa op ‘n tydbom sit aangesien trein kapings gereeld plaasvind en drywers dan  verplig word om vreemde roetes te volg wat onbekend is aan die hulle.