Merkel wil AfD vernietig

Die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) is waarskynlik kanselier Angela Merkel se grootste kritikus, en daarom is haar fokus glo daarop ingestel om die party se steun te laat daal.

Die geweldige groei wat die AfD getoon het in die verkiesing verlede jaar, is die direkte gevolg dat die Christen Demokratiese Unie (CDU) van die kanselier nie daarin kon slaag om ’n meerderheidsregering te vorm nie.

Bondskanselier Angela Merkel het gesê sy fokus nou om diegene wat uit protes teen die CDU gestem het en die AfD hulle keuse gemaak het, terug te wen na die party.

Merkel het in ’n radio onderhoud gesê dit is haar mikpunt om die aantal ondersteuners vir die AfD te verminder, maar waarnemers sê sy sal moeilik daarin kan slaag, aangesien haar grootste vyand, die sosialiste wat haar koalisie vennoot is, so ’n beleid aanpassing nie sal steun nie.

Sy het afgesluit met die gedagte dat die koalisieregering die belangrikste mikpunt gestel het om die ongelukkigheid onder kiesers uit die weg te ruim.

Foto – Kanselier Angela Merkel