Lynne Brown bedank

Die omstrede oud-minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het bedank as parlementslid.

Sy is deur Cyril Ramaphosa uitgeskop met sy kabinetskommeling, en dit volg na maande se druk weens beweerde betrokkenheid by die sogenaamde staatskaping van staatsentiteite.  Sy is vervang deur Pravin Gorhan wat haar getuies in komitees beskryf het as “dis nie ek nie, dis nie ek nie”.

Haar aanstellings van raadslede by Eskom het gevolg na haar ontkennende ontmoetings met Tony Gupta en Salim Essa.  Sy het ook doelbewus die Nasionale Vergadering mislei na vrae in die vergadering.

Sy word “beste wense” toegewens deur die hoofsweep van die ANC. Die vraag by politieke ontleders ontstaan of sy ooit verantwoording gaan doen vir die skade wat sy staatsentiteite berokken het.