Listeriose skandaal kos land miljarde

Die publiek is nog onseker wat hulle moet doen met die moontlik besmette verwerkte vleis, nadat bekend gemaak is dat die verwerkte vleisprodukte gevsaarlik kan wees en nie eens vir diere gegee moet word nie.

Verwerkte vleisprodukte soos polonie, hoenderwors en weense worsies van Enterprise en Rainbow Chicken is die bronne van die uitbreking van die siekte listeriose, waaraan 180 mense reeds dood is.

Later vandag sal die publiek waarskynlik ingelig word oor wat om met die produkte te doen.

Intussen het van die produksie aanlegte van die betrokke maatskappye gesluit, terwyl hulle aandelepryse ook skerp gedaal het op die aandelemark. Vrae word gevra hoe goed die higiënebeheer in Suid-Afrika is wat dit moontlik maak dat so ‘n virus uitbreek.

Verskeie buurlande het inmiddels ook die invoer van verwerkte vlies vanuit Suid-Afrika verbied, wat beteken dat die hele episode die land miljarde rand kos terwyl talle mense se werk in die weegskaal is.