Kuberkrakers infiltreer Duitse administrasie

Die Duitse sekuriteitsdiens het bevestig dat onbekende Russiese kuberkrakers op die netwerk van die Departement van Buitelandse Sake, asook die ministerie van verdediging binnegedring het gedurende Desember verlede jaar.

’n Spesiale soort rekenaarvirus is in die stelsels geplant wat groot ongerief en probleme veroorsaak het.

Onbevestigde berigte lui dat die krakers daarin geslaag het om dele van ’n virus in ’n sleutel netwerk van die regering te plaas, en dit kan vir so lank as ’n jaar deur die rekenaar netwerk maal sonder om vernietig te word.

Die minister van binnelandse sake het bevestig dat die krakers ingebreek het op die stelsels en die Intelligensiediens is besig met ’n volledige ondersoek na die voorval.

Kenners wys daarop dat die nuutste neiging van kuberkrakers is nie net die verkryging van vertroulike inligting uit regerings se rekenaar lêers nie, maar plaas ook virusse (“malware”) wat die inligting stelselmatig uitwis op rekenaars.

Die krakers het ook daarin geslaag om in die regering se “inligtingsnetwerk van Berlyn” binne te dring, wat ’n spesiale ontwerpte kommunikasie platform is wat afsonderlik van die openbare netwerk is en spesiale sekuriteitsmaatreëls het.

’n Woordvoerder het gesê die owerheid ervaar dat meer as 20 aanslae per dag uitgevoer word, waarvan die meeste onsuksesvol is.