Konstitusionele hof gevra dat Abrahams moet gaan

Freedom under Law het die Konstitusionele Hof versoek om Shaun Abrahams se termyn as Nasionale Direkteur van Vervolging te beëindig aangesien sy teenwoordigheid in die pos ‘n bespotting maak van die land se grondwet.

Daar word geargumenteer dat Jacob Zuma sy mag misbruik het met die aanstelling van Abrahams.

Die hof het uitspraak voorbehou.