Kongo geweld bereik breekpunt

Die Verenigde Nasies het verwys na die afgelope maand se hewige aanvalle in die Dominikaanse Republiek van die Kongo (DRK) en gesê die land stuur af op ’n algehele ineenstorting.

Die jarelange etniese geweld in die DRK het reeds die lewens van duisende inwoners geëis, en die afgelope maand se hernude gevegte het nou “breekpunt” bereik.

Die geweld tussen die Herma bevolking en die Lendu landbouers het die week tot die dood van minstens 40 mense gelei, en die moontlikheid van verdere opstande word verwag.

Geskille oor grond het weer die humeure laat opvlam nadat die konflik vir ’n geruime tyd bedaar het gedurende die afgelope maande, maar in die afgelope twee dae het 30 mense omgekom in gevegte.

Sedert 1998 het duisende mense in die land omgekom en was die burgeroorlog wat  meer as vyf jaar geduur het, beëindig deur die VN se ingryping, maar het met verloop van tyd weer opgevlam tot waar dit ’n nuwe breekpunt bereik het in die afgelope weke.