Klein hidro kragsentrale vir Suid-Afrika

Gedurende Januarie vanjaar het die Hongaarse ingenieursmaatskappy, Ganz Engineering en Energetics Machinery van Rusland, tesame met die onbekende Suid-Afrikaanse Blue World Power and Energy Services, ’n ooreenkoms aangegaan om ’n klein hidro kragsentrale op te rig in Suid-Afrika.

Die klein kragsentrale wat krag aan sowat 250 woonhuise kan voorsien, is ’n projek wat vermoedelik deur swart eienaars van die maatskappy aangegaan is.

Dit eenheid is die eerste van sy soort in Afrika, en sal waarskynlik as proef dien om daarna die res van Afrika met soortgelyke sentrales te voorsien.

Waarnemers is nie seker of die kragsentrale sy krag aan Eskom sal voorsien, en of dit direk aan verbruikers voorsien gaan word sodat die eienaars van die projek die moontlike winste in hulle eie sakke kan steek.

Die “Africa Live” berig dat ’n Duitse professor,  Peter Rutschmann, gesê het dit kan die energiekrisis in Afrika oplos.

Waarnemers in Suid-Afrika sê dit is merkwaardig dat geen inligting oor die projek in die land vrygestel is nie, en dat dit ook nie bekend is hoeveel die projek sal kos nie.

Die koerant berig dat die kragsentrale by die “Mpompomo waterval” opgerig sal word, maar niemand weet van die bestaan van so ’n waterval nie, behalwe as ’n bestaande waterval ook ’n skielike naamsverandering ondergaan het.