Kaap inwoners skuld Raad R5 miljard

Kaapstad huiseienaars skuld die stadsraad meer as R5 miljard in agterstallige heffings en belastings.

Van dié skuld vorm water en sanitasie die grootste deel aangesien R4,8 miljard uitstaande is vir dienste gelewer.  Meer as R91 miljoen is afgeskryf as slegte skuld in Januarie 2018 vir sogenaamde “arm huishoudings”.