Jordaan se boekie word vol

Die klagtes van seksuele teistering teen Danny Jordaan is besig om uit te kring.

Jennifer Ferguson, voormalige ANC-parlementslid, het reeds ‘n klag van verkragting teen Jordaan gelê. Sy sê sy is deur minstens twee vroue gekontak wat ook bewerings maak teen Jordaan.

Intussen het daar versoeke gekom dat Jordaan moet bedank as baas van Sokker SA terwyl daar sulke ernstige klagtes teen hom aanhangig gemaak is.

Die bal is nou in sy baan maar hy ontken alle bewerings teen hom.