Italië steeds sonder regering

Parlementslede het in die Italiaanse parlement byeengekom om ’n president vir die twee kamers van die parlement aan te wys, wat die eerste stap is wat vereis word om ’n regering saam te stel.

Kenners wys daarop dat die moontlikheid om ’n koalisieregering saam te stel, bemoeilik word nadat Silvio Berlusconi ’n moontlike ooreenkoms tussen twee nasionalistiese partye afgeskiet het.

Die nasionalistiese 5 Ster Beweging wat die grootste aantal stemme getrek het, en ’n koalisieregering moet probeer saamstel, se eerste poging het misluk.

Die party se leiers het egter ingestem om die twee presidente, een elk vir die Senaat en Kamer van Afgevaardigdes met ’n ander nasionalistiese party, die Liga, te deel.

Dit blyk egter dat die nasionaliste gaan sukkel om mekaar te vind om uiteindelik ’n regering saam te stel tot bevrediging van beide partye.

Die nasionalistiese partye het uitstekend vertoon in die verkiesing, maar verskil heftig in sienswyse van mekaar, wat die moontlikheid van ’n koalisie tussen hulle, aansienlik verskraal.

Foto – Italiaanse parlement