Islam is nie deel van Duitsland

In ’n klaarblyklike poging om die koalisieregering van Duitsland na regs te dwing, het die nuwe minister van binnelandse sake, Horst Seehofer, hom skerp uitgelaat oor Moslems en gesê Islam is nie deel van die Duitse kultuur nie.

Die sterk konserwatiewe minister het daarmee ’n verleentheid vir kanselier Angela Merkel geskep wat tans versigtig moet trap om nie op die tone van haar linkse en sosialistiese koalisievennoot te trap nie.

Die nuwe regering van Duitsland en die nuwe kabinet van kanselier Merkel het ses maande na die verkiesing tot stand gekom, en word allerweë as ’n brose, nie werkbare regering beskou.

Die standpunt van die minister is in lyn met die van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD), en politieke waarnemers vermoed dat die uitlating deel uitmaak van Merkel se taktiek om kiesers wat nou by die AfD is, terug te lok na haar CDU.

Vroeër het die AfD die presiese woorde gebruik en gesê die Moslems is nie welkom in Duitsland nie en pas nie in by die Duitse kultuur nie.

Foto – Horst Seehofer