Hof verbied Kataloniese leier

Jordi Sànchez, die man wat genomineer is as die nuwe minister-president van Katalonië in die plek van Carles Puigdemont is deur die Spaanse hooggeregshof verbied om ingesweer te word.

Sànchez is ’n getroue ondersteuner van Puigdmont, maar dien tans gevangenisstraf uit vir sy aandeel in die onafhanklikheidsverklaring wat verlede jaar regoor die wêreld opspraak verwek het.

Die hof het geweier om toestemming te gee dat Sànchez die tronk verlaat om as president van Katalonië ingesweer word,

Die hof se beslissing maak dit uiters moeilik vir die separatiste om ’n nuwe president aan te wys aangesien die sterkste kandidate of in die tronk is weens deelname aan die onafhanklikheid poging, of het landuit gevlug om vervolging te vermy.

Carles Puigdemont se politieke party, die Samen voor Catalonië het die 53-jarige Sànchez as sy tweede keuse aangewys, maar is nou deur die hof verbied.

Die optrede het gelei tot hernude protes optogte in Barcelona, die hoofstad van Katalonië, en politieke ontleders meen dit kan lei tot gewelddadige verset teen die Spaanse regering.

Foto – Jordi Sànchez