Het Noord-Korea geswig?

Die Noord Koreaanse leier, Kim Jong-un, is bereid om sy kernwapenprogram op die tafel te sit en met die Verenigde State van Amerika in gesprek te tree.

Die inligting is bekend gemaak deur die diplomatieke verteenwoordigers van Suid-Korea waarvan die land se president, Moon Jae-in, die leiding geneem het.

Dit is die eerste keer dat die kommunistiese leier bereidheid getoon het om oor sy kernwapenprogram te praat met die VSA.

Kim Jong-Un is blykbaar bereid om sy kernwapenprogram te staak in ruil vir sekere veiligheidsmaatreëls wat waarskynlik neerkom op ’n “nie-aanvalsverdrag”.

Noord-Korea redeneer klaarblyklik dat indien die VSA nie ’n bedreiging is nie, hy ook nie kernwapens nodig het om hom te beskerm nie.

Intussen is vasgestel dat die swaar sanksies wat teen die skiereiland toegepas word, ’n geweldige swaar las op die land se ekonomie plaas, en derduisende werkloses begin grom oor die haglike toestand in die land.

Kenners meen die sanksies het daartoe gelei dat Kim Jong-Un geen keuse gelaat word as om te swig, maat ook eise te stel dat die VSA sal waarborg om nie enige aanvalle teen sy land uit te voer nie.

Foto – President Moon en Kim Jong-Un