Hermanus bly gespanne

Toestande in Hermanus bly gespanne terwyl protes optredes voortduur nadat pogings tot onwettige grondbesettings deur die owerhede gestop is. Die satelliet polisiestasie en biblioteek  in Zwelihle is erg beskadig.

Die “Rooimiere” is gebruik om die grondbesetters te stop nadat erwe “uitgemerk” is op ‘n kaal stuk grond.

Dit het intussen aan die lig gekom dat besetters met busse aangery word na plekke om daar te begin met grondbesetting.

Misdaadkenners beveel aan dat die Rooibaret brigade, wat grondbesetting aanhits, toegesluit moet word sodat daar dan dalk kalmte kan kom.