Help bekamp kanker self

Wetenskaplikes het in ’n spesiale verslag daarop gewys dat mense ’n beduidende rol kan speel om kanker te voorkom deur hulle lewenstyl ietwat aan te pas.

Faktore wat dikwels lei tot die omwikkeling van kanker selle kan voorkom word deur meer te let op ’n paar maatreëls, waarvan die belangrikste hier genoem word:

Vermy dit om oorgewig te raak.

Doen gereeld ’n vorm van oefening, soos stap, draf of fietsry.

Wees versigtiger met hoeveel drankies wat gedrink word.

Matige eetgewoontes, veral rooivleis, is ’n noodsaaklike aanpassing.

Die liefde vir gereelde braaivleis, en alles wat daarmee saamgaan, moet afgeskaal word.

Vermy die wegneem eetplekke!!!

Wees versigtig om nie blootgestel te word aan te veel son nie, en wees baie versigtig vir die middagson.

Rook is nie goed nie.

Besoek die huisdokter sodra u vind dat ’n moesie of donker vlekkie “lewendig” raak.

Kankerselle word ook geaktiveer deur infeksie, en moet dus dadelik aandag kry.

Alhoewel die eenvoudige leefstyl veranderings geen waarborg is nie, sal dit in menige gevalle ’n positiewe bydrae lewer om die toestand te voorkom.