Heldin word in hegtenis geneem

Nadia Savtsjenko, die onafhanklike parlementslid in die Oekraïne, wat beskou is as die heldin van die volk, is intussen in hegtenis geneem uit vrees dat sy moontlik aan die spits staan van ’n staatsgreep.

Savtsjenko moes tot haar verbasing verneem dat haar parlementêre immuniteit opgehef is nadat die parlement ’n besluit geneem het oor haar status.

Die owerheid beskuldig die 36-jarige vrou, wat die heldin van die volk is, daarvan dat sy besig is met terroriste bedrywighede.

Sy was ’n uiters gewilde vlieënier met merkwaardige prestasies wat nou daarvan aangekla gaan word dat sy saamwerk met die pro-Russiese rebelle in die oostelike deel van die land wat vroeër deur rebelle geannekseer is.

Na bewering is sy besig om die weermag se toerusting te verskuif na die Krim gebied en het glo groot hoeveelhede ammunisie saam met outomatiese gewere laat verdwyn.

Die owerheid het ’n video aan parlementslede getoon van ’n vrou wat soos Nadia Savtsjenko lyk, en wat planne bespreek oor hoe die parlement aangeval kan word.

Sy het al die beskuldigings ontken en gesê dit is ’n komplot wat teen haar gesmee word.

Foto – Nadia Savtsjenko