Grace Mugabe smokkel ivoor

Die voormalige presidentsvrou, Grace Mugabe, word nou ondersoek weens beweerde betrokkenheid by grootskaalse smokkelhandel met olifanttande.

Na berig word is sy betrokke by die smokkel netwerk waarby miljoene rand se ivoor op die swartmark verkwansel word, terwyl sy steeds die aspirasies het om die regeerder van Zimbabwe te word.

Sy word nou daarvan beskuldig dat sy die ivoor van Zimbabwe gedurende die bewind van haar man, Robert Mugabe, in die Midde-Oosterse lande asook in Asië verkoop het.

’n Woordvoerder van die Zimbabwe Parke en Wildlewe Bestuur, sê hulle het ’n amptelike ondersoek begin teen die onwettige handel waarby Grace Mugabe klaarblyklik betrokke was.

Na bewering het die diktator Robert Mugabe opdrag gegee dat Grace toegang moes kry tot die voorraad olifanttande wat geberg is.