Glynnis Breytenbach wil staat dagvaar

Na haar onskuldig bevinding die week op klagtes dat sy amptelike dokumente van haar skootrekenaar verwyder het, wil Glenys Breytenbach dalk met ‘n siviele saak teen die staat begin.

Sy was voorheen verbonde aan die nasionale vervolgingsgesag, waar sy geskors is. Sy het ‘n arbeidsaak teen hulle gewen, en daarna is sy en haar prokureur strafregtelik vervolg omdat sy glo die dokumente verwyder het en daardeur regsverydeling sou gepleeg het. Haar prokureur is ook vrygespreek.

Tans is sy ‘n parlementslid vir die DA.