Gigaba speel vir tyd

Kort na sy eerste en laaste begrotingsrede is minister Malusi Gigaba gedaag om te verskyn voor die parlementêre portefeulje komitee van Openbare Ondernemings.

Sy verskyning spruit uit die wanbestuur van staatsfondse by staatsbeheerde entiteite.

Hy het vir ‘n “redelike” uitstel gevra, dus is ‘n volgende datum nog nie vasgemaak nie.

Intussen is hy vanaf finansies verskuif na binnelandse sake, waar hy voorheen was en waar hy sekere lede van die omstrede Gupta familie in ‘n rekord tyd burgerskap gegee het.