Geweld by Leeuwkop

Korrektiewe Dienste moes gespesialiseerde taktiese personeel inroep na bendegeweld by die Leeuwkop gevangenis.

Een gevangene is dood terwyl ‘n tweede in ‘n kritiese toestand verkeer.

Volgens inligting gaan dit oor die beheer van dwelms in die gevangenis.

Intussen staak personeel in die Oos-Kaap  weens die gevaarlike toestande in tronke.  Familielede beweer dat daar meer as een sterfgeval was.