Gauteng Gesondheid waarskynlik bankrot

Verskaffers en kontrakteurs wat werk verrig het vir die Gauteng gesondheidsdepartement sukkel om hulle regmatige betalings te ontvang.

Diegene wat minder as R5 miljoen verskuldig is sal eers laat April betalings ontvang terwyl groter verskaffers oor ‘n tydperk van drie jaar betaal sal word.

Tesourie, en normale sakepraktyke, bepaal  dat alle rekeninge binne 30 dae betaal moet word.

Geen verskaffer kan lank wag vir betaling van dienste gelewer. Hierdie praktyk dui daarop dat die departement in sodanige ernstige finansiële probleme verkeer, dat hulle in wese bankrot is. Nou moet daar boonop nog meer as R40 miljoen betaal word aan die slagoffers van die Life Esidimeni-gebeure.