Elf korrupte lisensie beamptes geskors

Elf beamptes wat werksaam was by toetssentrums in Johannesburg is geskors  op klagtes van bedrog en korrupsie.

Verkeersboetes is glo oorgedra op fiktiewe individue se voertuie en so is die oortreders  “vrygestel” van hul boetes.

Ontleders reken die nasionale sport van korrupsie en bedrog duur voort onder verkeersbeamptes nadat onlangs ‘n hele aantal van Limpopo se beamptes op soortgelyke klagtes geskors is.

Intussen het die sosiale media gegons nadat die verkeersafdeling van Pretoria tien mense na bewering onregmatig gearresteer het, en hulle staar nou siviele eise in die gesig.