EFF het talle binnegevegte

Dreigende binnegevegte in die EFF kom sporadies voor veral met die provinsies wat hul verkiesings konferensies moet hou voor Junie 2018.

Intussen het hulle leier, Julius Malema, eensydig die sekretaris van die Oos Transvaalse EFF , Alfred Skosana, geskors. Dit volg na twis tussen Skosana en die voorsitter Collen Sedibe.

Malema word beskuldig van sy “yster hand” regering maar nie alle partylede is te vinde vir sy optrede nie.