EFF en DA koalisie onder druk

Die wittebrood van die koalisie tussen DA en EFF is verby en ‘n egskeiding staan voor die deur na minder as ‘n jaar.

Na verlede jaar se plaaslike regeringsverkiesings, het ‘n opportunistiese alliansie tot stand gekom in die groot stede soos Pretoria, Johannesburg en Port Elizabeth, waarin die DA die senior vennoot is, saam met die EFF en VF Plus.

In Port Elizabeth spat die vonke die meeste, waar die EFF van die DA burgemeester, Athol Trollip, wil ontslae raak om weer die ANC in die kussings te kry. Verswarende omstandighede teen Trollip is volgens die EFF dat hy wit is. ‘n Mosie van wantroue wat die EFF teen Trollip ingestel het, word later vandag tot stemming gebring. Die UDM het hulle aan die EFF se kant geskaar, en ‘n enkele lid van die PA-party het steun aan die DA beloof.

Julius Malema het reeds uitgeskree dat as Trollip vandag sou oorleef, sal die EFF weer terugkom tot hy verwyder is.

Foto: Athol Trollip