Durban Stadsraad gaan optree teen amptenare

‘n Forensiese ondersoek by die Durbanse stadsraad het getoon dat verskeie kontrakte toegeken is aan maatskappye wat nie die vermoë het om die werk te verrig nie.

Persian Star 11CC het ‘n kontrak bekom ter waarde van R90 miljoen om herwinning sakke te vervaardig. Die tender se toekenning was onreëlmatig en boonop was die maatskappye nie in staat om die sakke te lewer nie.

R36 miljoen is ook weg nadat die bedrag betaal is vir 2 200 urine toilette. Die toilette is tans nog soek.